Uruguay

Republiek Oos van die Uruguay
República Oriental del Uruguay (Spaans)
Vlag van Uruguay Wapen van Uruguay
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Libertad o Muerte
(Spaans vir: "Vryheid of Dood")
Volkslied: Himno Nacional de Uruguay
(Spaans vir: "Volkslied van Uruguay")
Ligging van Uruguay
Hoofstad Montevideo

34°53′S 56°10′W / 34.883°S 56.167°W / -34.883; -56.167

Grootste stad Montevideo
Amptelike tale Spaans (de facto)
Regering

President
• Adjunkpresident
Unitêre presidensiële
grondwetlike republiek
Luis Lacalle Pou
Beatriz Argimón
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
• Eerste grondwet
van die Keiserryk Brasilië
25 Augustus 1825
27 Augustus 1828
18 Julie 1830
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
176 215[1] km2  (91ste)
68 037 myl2
1,5
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2023-sensus
 - Digtheid
 
3 416 264[1] (132ste)
3 444 263[2]
19,5 / km2 (206de)
50,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$109,150 miljard[3] (98ste)
$30 507[3] (62ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$81,070 miljard[3] (80ste)
$22 659[3] (49ste)

MOI (2021) 0,809[4] (58ste)  –  baie hoog
Gini (2021) 40,8[5] –  medium
Geldeenheid Peso ($) (UYU)
Tydsone
 - Somertyd
UYT (UTC-3)
UYST (UTC-2)
Internet-TLD .uy
Skakelkode +598

Uruguay (Spaans: [uɾuˈɣwai̯], ), amptelik die Republiek Oos van die Uruguay (República Oriental del Uruguay), is 'n klein land in Suid-Amerika. Dit word begrens deur Brasilië in die noorde, Argentinië met die Uruguayrivier in die weste, die Río de la Plata in die suidweste en die Atlantiese Oseaan in die suidooste. Omtrent die helfte van die bevolking is in die hoofstad Montevideo saamgetrek.

Nasa-Satellietbeeld van Uruguay

Dié land is die tweede-kleinste in Suid-Amerika, en een van die mees stabiele. Dit het vir 'n lang tydperk 'n soort bufferstaat tussen die gebiede van die koloniale moondhede Portugal en Spanje gevorm. Met sy onafhanklikheidwording in 1828 het interne geskille tot 'n fase van politieke magstryd en burgeroorloë gelei, maar uiteindelik het dié land danksy grootskaalse Europese immigrasie uit veral Italië en Spanje tot 'n welvarende land ontwikkel, wat in Europa as 'n modelstaat of die "Switserland van Suid-Amerika" bekend gestaan het.[6]

Die vleisverwerkingsbedryf, wat in die 1860's met 'n eerste aanleg in die stad Fray Bentos gevestig is, en die uitvinding van vragskepe met koelingsgeriewe het van dié land een van die grootste vleis-, vel- en woluitvoerders ter wêreld gemaak.

Die landbou vorm nog steeds die ekonomiese basis van dié land, terwyl die toerisme danksy bekende bestemmings soos Punta del Este en die Costa de Oro 'n groot bydrae tot die vinnig groeiende dienstesektor lewer. So word van die aantreklikste sandstrande en strandoorde in Suid-Amerika hier aangetref en word een van die langste karnaval-seisoene op aarde veertig dae lank in Montevideo gevier.[7]

Desondanks is honderdduisende Uruguane gedwing om 'n heenkome in die buiteland, veral in Argentinië, te vind. 'n Ander probleem bly die oorheersende rol van die hoofstad Montevideo, wat nog steeds meer as die helfte van die bevolking huisves.

  1. 1,0 1,1 (en) "Uruguay". Central Intelligence Agency. Besoek op 9 Maart 2024.
  2. (es) "Población en Uruguay aumentó 1%: se contabiliza en 3.444.263 habitantes". Uruguaanse Presidentskap. 27 November 2023. Besoek op 9 Maart 2024.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Uruguay". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 9 Maart 2024.
  4. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 9 Maart 2024.
  5. (en) "Gini Index – Uruguay". Wêreldbank. Besoek op 9 Maart 2024.
  6. (de) Die Zeit, nommer 33 (2002): Gaby Weber – Das Kartenhaus in Montevideo
  7. (en) Tim Burford: Bradt Travel Guide Uruguay. Derde uitgawe. Chalford St Peter: Bradt Travel Guides 2017, bl. vii

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search